AGTERGROND GESKIEDENIS

  • Monte Rosa is 'n pragtige Victoriaanse dubbelverdieping gebou en is opgerig in 1895.
  • Ons hoeksteen lees: "Jehovah Jireh" wat beteken "God sal Voorsien".
  • Ons bied akkommodasie aan 111 senior burgers.
  • Die gebou bestaan meestal uit enkel- en dubbelkamers vir egpare. Elke kamer is toegerus met 'n ingeboude hangkas, 'n handewasbak met gemeenskaplike badkamers en stortfasiliteite binne gerieflike bereik.
  • Ons het ook 3 woonstelle wat op 'n "Leefreg" basis verkoop word.

 

BESTUUR VAN MONTE ROSA

  • Monte Rosa is 'n trotse BADISA (Christelike Barmhartigheid) Tehuis vir Bejaardes.
  • Die beheerraad (vrywilligers) bestaan uit lede van die gemeenskap, kerke en besighede.
  • Die Bestuurder rapporteer direk aan die Beheerraad.
  • Ons personeel is sonder twyfel die belangrikste bate van ons tehuis se dienslewering.
  • Ons voedseldienste-, huishoudelike- en wasserydienste word tans uitgekontrakteer aan Feedem Pitseng Co.