Monte Rosa Tehuis – Blooming Beautifully
Basie van Wyk en Leandie du Randt gesels op Gesels oor die opwindende opgraderings by die meer as 130 jaar oue Monte Rosa Ouetehuis in die hart van Kaapstad — ’n plek waar sorg, waardigheid en gemeenskap steeds blom.
Monte Rosa dien ouer gemeenskap terwyl dit groei
Monte Rosa Tehuis vir Bejaardes in Tuine, Kaapstad, ondergaan tans opknapping en verfraaiing. Bestuurder Pieter Smit deel hoe modernisering, gemeenskapsbetrokkenheid en volhoubare finansiering die lewens van die inwoners transformeer, terwyl die gebou se ryk geskiedenis behoue bly. Die toekoms van die tehuis lyk hoopvol en veerkragtig.
Monte Rosa dien ouer gemeenskap terwyl dit groei Read More »
Monte Rosa verseker uitstekende bejaardesorg terwyl geboue vernuwe
Monte Rosa Tehuis vir Bejaardes se onstaan- en voortbestaansverhaal wys dat selfs die oudste instellings nie noodwendig deur die gang van tyd in die vergetelheid hoef te verval nie. Met visie, beplanning, samewerking en ’n diepgaande begrip van die gemeenskap se behoeftes, kan sulke instellings floreer en die erfenis van die verlede na ’n nuwe generasie bring. Pieter Smit, bestuurder, en sy span het die eerste groot mylpaal bereik om die vernuwingsprojekte te laat afskop; die uitdaging en beloning van 2026 lê nou voor, en die toekoms van die tuiste vir bejaardes in Tuine, Kaapstad lyk vol belofte.
Monte Rosa verseker uitstekende bejaardesorg terwyl geboue vernuwe Read More »




